Mattheus en Brenda Heyns het Ouma se Spens oorgeneem in 2003. Intussen het baie water onderdeur die brug geloop en is die naam vanaf Ouma se Spens na Ouma se Winkel verander. Stuart van der Watt het in 2012, nadat Brenda ernstige siek geword het, 50% aandeel in Ouma se WInkel gekoop. Brenda se fokus was nie geldmaak nie, maar om elke kliente se versoek tevrede te stel en het tot die uitterste gegaan om dit moontlik te maak. Selfs al was sy siek, het sy vanaf die huis nog steeds 'n bydra tot die winkel se produkte gemaak en het met die mees kreatiefste lekkernye voorendag gekom.

Danksy die deeglik opleiding wat Brenda vir die personeel gegee het, gaan die besigheid baie

goed aan, selfs nadat sy in November 2013 oorlede is.

Ouma se Winkel vervaardig 90% van alle produkte wat verkoop word in die Winkel. Mense kom van ver af net vir die pasteie, daar word ongeveer 'n 1000 pasteie verkoop binne 3 tot 4 dae.

Mattheus en Stuart se visie is om die hoe standaard wat Brenda daar gestel het na te volg, en om die kliente altyd spesiaal te laat voel,aangesien sonder die kliente Ouma se Winkel geen bestaansreg het nie.

Ouma se Winkel

K1, Kenwill Drive
Okovango Park, Brackenfell, 7560

Tel: 021 982 3512

sales@oumasewinkel.co.za

Besoektye

Maandag tot Vrydag: 8vm to 5:30nm

Saterdae en publieke vakansiedae: 8vm to 2:00nm

Sondae: Gesluit